Die ingang van Kleinmond is onlangs opgekikker met ’n muurskildery wat toeriste en almal wat die dorp binnekom, welkom heet. Dorothea Nortje en Briers Coetzee het behoorlik gewikkel om die pragtige muurskildery klaar te kry. Die verf vir die projek is geborg deur Build-It in Kleinmond en Hangklip-Kleinmond-toerisme het die kunstenaars betaal vir die muurskildery.Foto: Rick Marais