Caledon-polisie deel wenke vir veiligheid in feestyd

Met die feestyd om die draai het AO Eduard Coetzee, die sektorbestuurder van die Caledon-polisie, mense gemaan om meer oplettend te wees.


Met die feestyd om die draai het AO Eduard Coetzee, die sektorbestuurder van die Caledon-polisie, mense gemaan om meer oplettend te wees.

“Daar sal dalk heelwat vreemde gesigte – mense wat nie van hier is nie – in die omgewing wees, en inwoners moet asseblief bewus wees daarvan en meer oplettend wees van wat in hul buurt aangaan,” sê Coetzee.

Coetzee noem ook ’n vlaag motorinbrake is tans aan die gang en sê mense moet geen waardevolle besittings in motors los nie.

“Iets anders wat ook weer die kop uitsteek, is sosiale-media-slenters – veral plasings vir lenings. Ons kry baie klagtes van mense wat gevra word om ’n bedrag van byvoorbeeld R2 000 te betaal om die geld wat hulle wil leen, ‘los te kry’.

“Natuurlik sien hulle nooit weer daardie geld nie.

“Moet asseblief nie vir hierdie slenters val nie,” waarsku Coetzee.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.