Wêreldboekedag word al vir 25 jaar in Suid-Afrika gevier. Unesco het 23 April in 1995 as Internasionale Wêreld-boekedag verklaar. Dié datum is die herdenking van William Shakespeare se sterfdag.
Wêreldboekedag word in Maart in Suid-Afrika, Engeland en Ierland gevier. Vanjaar se viering was Donderdag 3 Maart. Die tema was “Jy is ’n leser”, en daarom het die Caledon-biblioteek ’n verskeidenheid boeke teen winskooppryse te koop aangebied.