Werk saam aan beter beveiliging

Overberg Agri (Edms) Bpk. en Kaap Agulhas-munisipaliteit het onlangs ’n samewerkende ooreenkoms aangegaan wat tot die beveiliging van die groter Kaap Agulhas-munisipale omgewing sal bydra.


Overberg Agri (Edms) Bpk. en Kaap Agulhas-munisipaliteit het onlangs ’n samewerkende ooreenkoms aangegaan wat tot die beveiliging van die groter Kaap Agulhas-munisipale omgewing sal bydra.

Dié ooreenkoms, die eerste van sy aard, is Vrydag 28 Januarie amptelik gesluit.

In Junie 2018 is die eerste “Smart City-strategie” van die munisipaliteit goedgekeur, waarvan die beveiliging van die omgewing deur middel van kringtelevisie en nommerplaat-kameras (Licence Plate Recognition cameras) ’n groot deel uitmaak. Gedurende Mei 2021 het Overberg Agri die munisipaliteit genader om by die inisiatief betrokke te raak.

Die eerste finansiële bydrae van R64 000 deur Overberg Agri stel die netwerk van kameras in staat om die leemtes soos oor die afgelope twee jaar geïdentifiseer is deur die munisipaliteit, te verminder.

Volgens Colin van Dalen, algemene bestuurder: handel en agri-insette van Overberg-agri-bedrywe, is sy doelstelling om ’n positiewe bydrae te maak tot die beveiliging van veral die landbougemeenskappe wat een van die grootste bydraers tot ekonomiese volhoubaarheid en werkskepping van die omgewing is.

Hierdie samewerkende ooreenkoms tussen Overberg Agri en Kaap Agulhas-munisipaliteit het nou die weg gebaan vir alle belanghebbendes om deel te raak van die beveiliging van die omgewing.

Die doel is om rolspelers in die sekerheids- en besigheidsomgewing in staat te stel om deel te raak van hierdie inisiatief.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.