Wie’s jou ster?

Niks is darem lekkerder as om vir jou harde werk beloon te word nie.


Niks is darem lekkerder as om vir jou harde werk beloon te word nie.

Dit is veral die geval nadat die Covid-19-pandemie sport twee jaar lank gekortwiek het.

Dit is waarom Hermanus Times besluit het om weer ’n Sportster van die jaar-kompetisie vir leerders aan te bied. As jy weet van iemand wat presteer, benoem hom of haar dadelik. Dit hoef nie noodwendig die hoofstroom-sportsoorte te wees nie, maar ook minder bekende sportsoorte soos skaak, perdry of fietsry.

Benoemings met ’n kort motivering waarom iemand vir Hermanus Times se Sportster van die jaar-kompetisie benoem moet word, plus ’n foto, kan aan Mariëtte Strydom by editor@hermanustimes.co.za gestuur word. Of laai benoemings af by ons kantoor by Hoofstraat 34 (by die Birkenhead-gebou langs die NG kerk).

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.