Wind vererger vlammehel

Omstanders het magteloos toegekyk hoe ’n brand, wat Vrydag (1 Julie) omstreeks 14:00 by Elgin Fruit Juices in die nywerheidsgebied uitgebreek het, na die Waterwerke informele nedersetting en Gaffleys-busdiens versprei het. Die sterk wind het dit vir


Omstanders het magteloos toegekyk hoe ’n brand, wat Vrydag (1 Julie) omstreeks 14:00 by Elgin Fruit Juices in die nywerheidsgebied uitgebreek het, na die Waterwerke informele nedersetting en Gaffleys-busdiens versprei het. Die sterk wind het dit vir brandbestryders moeilik gemaak om die vlamme in bedwang te bring.

Vyf brandweerwaens van die Overberg-distrik is ook ingespan om die vlamme te help blus, en verder het brandbestryders van die Stad Kaapstad ook hulp kom verleen.

Een bus van Gaffleys, ’n private voertuig, drie huise en 66 informele strukture is in die brand vernietig.

Inwoners, wat alles in die brand verloor het, het weerloos op die sypaadjie met ’n paar van hul besittings gesit.

Die oorsaak van die brand is teen druktyd nog nie bevestig nie en word ondersoek. Omstanders het bespiegel dat dit dalk brandstigting kan wees, maar dit kon nie bevestig word nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.