Met
laagdrukstelsels in en rondom ons land, net waar jy kyk, is dit nie snaaks dat
ons laasnag ekstra komberse moes uithaal nie. “Ek het julle mos gesê die
winter sal nie sommerso padgee gee nie,” sê oom Langfaan wat op sy oudag al hoe
meer pessimistiese uitsprake oor die weer lewer. Die knaende gevoeter van die Atlantiese hoogdruk, wat vanjaar al hoe dieper
suid beweeg, is die oorsaak dat meer koue lug as gewoonlik suid van ons land
verbybeweeg – en die Indiese hoogdruk, wat ook al hoe meer noord beweeg, in sy
kwaad sterk om donderweer in die noordelike halfrond te skep.
Die
prentjie sedert laas naweek wys ook duidelik op die sinoptiese kaart, (wat ons
in die dagnuus media sien) dat die Arktika nie alleen die massa koue lug by die
land verby spoel nie, maar ook ongewone lae Pascali-lesings van onder 100 hPa
handhaaf. By Gough is dit ‘n skamele 1000 hPa maar net ‘n hanetreetjie verder
suid raak dit slegs 800 hPa. Ons het baie jare laas die laagdruk só laag
in die Arktika gesien en ‘n mens wonder hoe enige lewende wese, mens of dier,
die storms wat tans daar heers, kan oorleef.
Ons
navorsers op die Marion-eilande moet tans in so min as 900 hPa
werk. Een ou het glo vir sy ma geskryf hy is so bly sy het sy warm pajamas
ingepak. Die waarheid is dat die manne en vroue dáár ekstra warm drag het
waarin net hul ogies uitsteek.
Die
oorsaak van die ongewone toestande word al hoe duideliker op die uiterste
draaipunte gesien in die aarde se posisie teenoor die son, wat lank gaan vat om
weer na beter toestande terug te keer. Wat die skade sal wees wat die
klimaat so verander, sal geslagte na ons seker van weet. Dit is nou as
daar mense is wat politieke storms op ons planeet gaan oorleef.
Ten
spyte van Langfaan se swartgalligheid gaan dit goed met hom, sê buurman wat
opmerk dat ons damme vol is en dat kwekerye weer sake begin doen.
En o ja, die son bly die komende week maar skaars. Ons kry die naweek so
’n katspoegie van minder as ‘n mm-neerslag en aanstaande Donderdag weer so 1
mm. Gister se volson was die laaste en ons kry nie weer minder
wolke vóór aanstaande Donderdag nie. Hou die kleingoed maar so ver moontlik
binne die huis en warm.