’n Projek van vier alumni van die Universiteit Stellenbosch (US) se departement joernalistiek wat hulle verlede jaar voltooi het, is by die 26ste Suid-Afrikaanse internasionale dokumentêre fees, Encounters, vertoon.
Die dokumentêr, Van Brood en Water, is die eerste projek deur studente van die departement wat by ’n internasionale fees soos hierdie vertoon is. Die dokumentêr is deur Stefani Terblanche, Sebastian Paulus, Keziah Bailey en Jodi-Mari Adams vervaardig, en wat dit nog merkwaardiger maak, is dat dit binne net drie weke voltooi is, sê Jurg Slabbert, ’n dosent in dokumentêre rolprentvervaardiging by die departement.
Die kortkursus was net drie weke lank en in daardie tyd het die studente lesings bygewoon en die voorstel vir die dokumentêr gedoen, dit vervaardig, verfilm, geredigeer en self aangebied. “Ek is so bly dat hul harde werk buite die klaskamermure erken word en ek is seker dit sal aanklank vind by ’n wyer gehoor wat die film gaan sien. Ek kan nie wag om te sien waarmee vanjaar se studente vorendag gaan kom nie.”
Encounters-word as Afrika se voorste dokumentêre fees bestempel en is een van die langs bestaande sodanige feeste op die vasteland. Prof. Herman Wasserman, voorsitter van die departement joernalistiek, het die studente met hul prestasie geluk gewens. “Dit is veral indrukwekkend as mens in ag neem dat dokumentêre rolprentvervaardiging slegs een van vele multimedia-vaardigheidsmodules is wat ons studente vir hul honneursgraad moet voltooi,” sê Wasserman.
Portret van ’n visgemeenskap
Die dokumentêr van 11 minute speel in ’n vissersgemeenskap aan die Weskus af en verken die daaglikse lewe, werk en verhoudings van ’n plaaslike visserman. Christiaan se bynaam is Witbrood en hy deel insigte oor sy daaglikse lewe en ondersoek die uitbuiting van ’n bedryf waarby hy al langer as 50 jaar betrokke is.
“Dis in die sterre geskryf”
Opoffering en beloning
Adams verwys ook na die laat nagte en persoonlike opofferings wat dit geverg het om die film te voltooi. “Ek dink die redigering was een van die stresvolste dele, omdat ons almal individue met verskillende kreatiewe idees is.”
Hulle stem almal saam dat die ervaring self die kort skedule meer hanteerbaar gemaak het. “Ons het langs die pad ’n vriendskap en nuwe verhoudings met van die mense van Houtbaai gesmee, veral met tannie Monica en oom Witbrood, die sterre van die dokumentêr,” voeg Bailey by.
Die vier studente, wat in Maart met ’n BAHons gegradueer het, is “nederig” dat dít wat as ? klasprojek begin het, by soveel mense aanklank gevind en aan ? wyer gehoor vertoon word.
“Om hierdie projek te skep was werklik iets spesiaal en tegelyk uitdagend aangesien nie een van ons al voorheen ? dokumentêre program geskep het nie,” sê Paulus.
“Dit beteken eerlikwaar die wêreld dat Encounters in hierdie projek geglo het en dit met die wêreld wil deel.”
Die dokumentêr sal Sondag 23 Junie om 19:00 by Encounters in Kaapstad by die Labia-teater vertoon word en Saterdag 29 Junie om 13:30 in Johannesburg.


