Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) doen ’n ernstige beroep op
alle bloedskenkers om bloed te skenk aaangesien bloedvoorraad tans kritiek laag
is.
“Ons mik om ’n bloedvoorraad van vyf dae te handhaaf, maar
tans ervaar ons ’n kritieke tekort in die O+-bloedgroep. Ons het slegs twee dae
se voorraad in hierdie bloedgroep,” sê Marike Gevers, bestuurder van openbare
betrekkinge by WKB.
“Ons moedig alle bloedskenkers aan om hulself daaraan toe te
wy om vier keer ’n jaar bloed te skenk om lewens te red.”
Elke skenker wat in Januarie suksesvol ’n eenheid bloed
skenk, sal ’n beperkte uitgawe WKB gesigmasker ontvang.
Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 is, 50kg of meer
weeg, ’n algemene goeie gesondheid handhaaf en ’n veilige seksuele leefstyl
lei, behoort jy te kan bloed skenk. Om jou naaste bloedskenkkliniek te vind,
laai gerus die app af op Android en iOS of stuur ’n WhatsApp na 060 549 7244.