Die Universiteit van Pretoria het saam met die WWF kragte gemeet om navorsing op die walvisse te doen.


Die Wêreldnatuurfonds (WWF) en die Universiteit van Pretoria se walviseenheid van die Soogdiernavorsinginstituut werk nou saam om die gevare wat die suidelike walvisse in die gesig staar teen te werk.

Nie net is die warmer water ‘n bedreiging vir die walvisse nie, maar die voedselvoorraad word ook as ‘n probleem gesien.

Die walviseenheid van die UP doen al sedert 1969 navorsing op die suidelike walvisse en maak gebruik van foto-identifikasie en ander opnames om hul datastelsel op datum te hou.  Dié datastelsel word as van die beste ter wêreld beskou.

Die getalle van die suidelike walvisse het 10 jaar gelede toegeneem, veral nadat kommersiële walvisjag verbied is. Maar nou, met die warmer oseane en veranderinge seeprosesse, staar die suidelike walvisse weer uitsterwing in die gesig. Volgens navorsing speel die klimaatsveranderinge ‘n merkwaardige rol in die aantal walvisse wat Suid-Afrika besoek.

Met die ondersteuning van die WWF hoop die UP dat sy walviseenheid nou meer navorsing oor die walvisse kan doen, wat nie net toeriste na Hermanus en die res van die Overberg lok nie, maar wat ook geld in die streke inbring.

“Sedert kommersiële walvisjag gestaak is, was die toename in getalle van die walvisse baie suksesvol,” het dr. Els Vermeulen, navorsingbestuurder van die walviseenheid gesê. “Maar nuwe navorsing wys dat klimaatsverandering weer hernieude druk op die walvisse plaas, hulle is byvoorbeeld maerder, kalf minder en verlaat hul broeiplekke vroeër.”

Navorsing het gewys dat in Oktober verlede jaar daar 414 walvisse tussen Nature’s Valley en Muizenberg getel is. Daar was 191 koeie met kalfies wat veral tussen die De Hoop-natuurreservaat en Walker Bay gesien is. “Die getal is wel meer as in 2019 en 2020, maar is steeds minder as wat die normaal is,” het Els gesê.

Wat die navorsing ook wys en wat ‘n bekommernis vir menige is, is die feit dat die koeie hul broeiplekke vroeër verlaat wat weer die lewe van die kalfies bedreig.

Om aan te gaan met hierdie merkwaardige navorsing het die walvisinstituut jou hulp nodig. Jy kan byvoorbeeld ‘n walvis “aanneem” en so bydrae tot die wonderlike navorsing. Al die geld wat ingesamel word, gaan om navorsing om die walvisse. Vir meer inligting besoek https://donate.wwf.org.za/adoption/adopt-a-whale 

You need to be Logged In to leave a comment.